top of page

Missie en Visie

Ons strewe na effektiewe onderrig, gegrond op sterk morele waardes en beginsels, op akademiese, kulturele en sportgebiede. Ons wil deur samewerking en betrokkenheid tussen ouer, leerder en opvoeder/fasiliteerder 'n ordentlike, gedissiplineerde omgewing daarstel, waar elke leerder sy volle potensiaal kan bereik.

Elke  jong volwassene wat Hoërskool Vredenburg verlaat, sal bemagtig wees om 'n aktiewe, selfonderhoudende, bydraende lid van die samelewing te wees en oor die vermoë beskik om 'n positiewe verskil te maak.

Ons Embleem

Net die Beste Gee Voldoening

Ons wapen beeld die omgewing waarin die Vredenburg/Saldanha-gemeenskap en sy skool "geplant" is, en wat hom voed, uit: die see en saaiboerdery. Die drie geelryp koringgerwe simboliseer die volmaakte wasdom wat uit groei voortkom. Groei kan net tot volmaakte wasdom kom wanneer dit gebalanseerd plaasvind. Die getal drie stel voor dat ons in VHS die akademiese, kulturele en sportbedrywighede as ewe belangrik beskou vir leerders se gesonde ontwikkeling. Die karveel (hout seilskippie) op die branders simboliseer welvaart wat vir hierdie gebied uit die see en oor die see gekom het en steeds 'n lewensaar vir die omgewing is. Die kleure: Goud/geel simboliseer die rykdom van ware/gebalanseerde wasdom (soos in ryp koringare) - dít waarheen opvoeders streef om leerders te begelei. Rooi simboliseer moed, durf en deursettingsvermoë.

Blou simboliseer die see en welvaart, veral geestelike welvaart.

​

Vind meer uit oor ons skool deur die "ONS SKOOL" hoof "dropdown" navigasie bo aan die blad.

skool embleem.jpg
bottom of page