Koor

Ongeveer 50 leerders sing tans koor. Hulle word afgerig deur Mev. Elmarie Lith van West Coast Music Academy.

Daar is verlede jaar besluit om in die toekoms nie 'n Groot koor (30 en meer lede) vir die Eisteddfod in te skryf nie, maar eerder 'n Kamerkoor (minder as 30 lede). Leerders bly te maklik van oefening af weg en deur 'n beperking op die aantal Koorlede te plaas, dwing dit leerders om hul posisie in die Koor op te pas. Ons is tans besig met 'n siftingsproses.

Oefen tye

Maandae vanaf 14:20 - 15:50. Additionele oefentye word ger​eël wanneer daar voorberei moet word vir 'n konsert of kompetisie.