top of page

Geskiedenis

1867  |  Mnr. DH Gaukus onderrig 'n groepie leerders op Saldanha
1880  |  Eerste regeringskool word geopen op die terrein van die huidige Laerskool met Mnr. F. Schonken as skoolhoof.
1902  |  64 Leerders van graad 1 tot graad 8
1906  |  Eerste Skoolkomiteevergadering met Mnr. W Baard as voorsitter
1907  |  Skoolgebou word vergroot
1920  |  Leerdergetal bereik 230
1921  |  Eerste graad 10 leerders
1924  |  Eerste graad 12 leerders voltooi die Senior Sertifikaateksamen en al 5 slaag
1925  |  Mnr. JPA Lochner word as skoolhoof aangestel.
1927  |  'n Skoolkoshuis word in gebruik geneem.
1934  |  Eenvormige skooldrag word ingevoer.
1944  |  Die skool se status verhoog tot Graad B-skool
1961  |  Inwyding van skoolgebou nadat skool vergroot is.
1968  |  Mnr. BJD van der Vyfer volg Mnr. J van S Schreuder (1950 - 1968) as skoolhoof op.
1969  |  Bouwerk aan Hoërskool begin.
1972  |  Nuwe skoolgebou word in gebruik geneem.
1973  |  Amptelike inwyding van Hoërskool Vredenburg.
1978  |  Mnr. AJ van Wyk word as skoolhoof aangestel.
1981  |  Mnr. JD Schreuder word as skoolhoof aangestel.
1990  |  Leerdertal bereik 700.
1990  |  Alwyn Kotze (gr 12) akademies onder Top 10 in Wes-Kaap
1992  |  VHS word 'n Model C-skool
1994  |  Mnr. JN Joubert volg Mnr. Schreuder as skoolhoof op.
1996  |  Mnr. JN Joubert word as Kringbestuurder aangestel.
1997  |  Mnr. DA von Zeuner word aangestel as skoolhoof.
1998  |  Die staat neem weer beheer en VHS word 'n Openbare Skool.
1998  |  Eerste oorsese sporttoer: Kriekettoer na Brittanje
1998  |  Netbalbane word opgegradeer tot Nasionale standaard.
1999  |  Leerdergetal oorskry die 1000 merk, nl. 1072
2000  |  Skoolgebou kry nuwe baadjie - word blou geverf
2000  |  Nege graad 12-leerders behaal A-simbole in eindeksamen
2001  |  Dogtershokkietoer na Europa.
2001  |  Agtien graad 12-leerders behaal A-simbole in eindeksamen
2001  |  Christoff Basson behaal 6de plek akademies in Wes-Kaap
2002  |  Dertien leerders behaal gemiddelde A-simbole in graad 12
2003  |  Maart - Pawiljoen word ingewy.
2004  | Puik uitslae van die hele skool.
2004  |  West Side Story opvoering - 'n reuse sukses
2005  |  Eerste keer 1100 leerders in skool.
2005  |  Eerste Interskole vs Monument Park
2005  |  O/16 Rugbytoer na Argentinië
2006  |  VOO/NSS word geïmplimenteer
2006  |  O/19 Rugby na Argentinië
2006  |  Daniek Joubert en Marnus Thiart onder Top-10 in die Wes-Kaap en 18 gemiddelde A-simbole in Matriekeindeksamen
2007  |  Seunshokkietoer na Maleisië
2008  |  Eerste matrieks wat NSS aflê
2009  |  Leerders presteer uitsonderlik in Wes-Kaap Expo en wen landswye Fantastic Plastics Kompetisie
2009  |  Twee leerders onder Top 20 in Wes-Kaap (2de keer binne 3 jaar): Renso Thiart en Daniël Rabe
2010  |  Die Burger Kersfonds: Reeds meer as R180 000 geskenk deur VHS

2019  |  Mnr. Bartho Brittz word aangestel as die nuwe skoolhoof.

2020  |  Die Burgie (klubhuis) word gebou.

2020  |  Covid-19 tref.  Skool word gestaak vir maande en leerders keer terug in groepe.

2023  |  Ons 50ste Verjaarsdag.

bottom of page