Landloop

Die landloopspan bestaan uit min of meer 7 – 9 leerders. Die leerders neem in die 2de en 3de kwartaal aan verskeie Weskusliga kompetisies deel. Na afloop van hierdie kompetisies gaan neem die leerders in Citrusdal deel waar die Weskusspan gekies word. Die Weskusspan gaan neem dan verder deel aan die Boland kompetisie in die Paarl. Na afloop van hierdie kompetisie word ‘n Wes-Kaapspan gekies. Ons het die laaste twee jaar ‘n leerder gehad wat opgeneem is in die Wes-Kaapspan, Caitlyn Schlehmeyer.

Oefentye

Dinsdae en Donderae vanaf 14:30 – 15:30.