Netbal

VHS se netbalspeelsters beskik oor ongelooflike netbaltalent, baie energie en die potensiaal om net hoër hoogtes as span en individu te bereik. Ons sien uit na die 2019 netbalseisoen.

Ons het die netbalseisoen op 'n hoë noot begin deur om die Hopefield Sportdag in Februarie 2019 te ondersteun (o/16 A en o/19 A spanne). Ons het ook in Maart die Nashua Sportdag aangebied - 'n toernooi om afrigters te help om hulle netbal spanne vir die seisone te finaliseer. 'n Oefengroep van 10 speelsters het ook die 100% Extreme-netbalontwikkelingskursus in die Paarl in Maart bygewoon.

 

Proewe

Die eerste rondte Weskus-soneproewe het in April plaasgevind.

2019 Netbalspanne

O/14 A-D  |  O/15 A-D  | O/16 A-C  |  O/17 A-B  | O/19 A-C.

Oefentye

14:30 - 15:30:

- o/14 C+D  |  Baan E

- o/15 A+B  |  Baan D

- o/16 C + 0/19 C  |  Baan C

- o/16 A + B  |  Baan B

15:30 - 17:00:

- o/14 A+B  |  Baan E

- o/15 C+D  |  Baan D

- o/17 A+B  |  Baan C

14:30 - 17:00:

- o/19 A+B  |  Baan A