top of page

Krieket

Krieket word as as ‘n somersport beskou en vind plaas in kwartaal 1 en kwartaal 4. Die krieketspanne wat tans aan kompetisies deelneem is die o/19A –span (Eerste span) en die o/15 A-span wat Saterdae aan voldagkrieket deelneem. Die spanne speel 50 beurte per beurt. Die ander spanne is die o/19B-span en die o/15B-span wat in die week gedurende die middag speel. Hulle speel gewoonlik 20-25 beurte aan ‘n kant. Verder neem die Eerste Span ook een keer per jaar deel aan ‘n 20/20 kompetisie. Ons eerste span speel ook elke jaar ‘n ‘interskole’ wedstryd teen HS Edgemead.

Oefentye

Krieketoefeninge vind in die somer plaas vanaf 15:30 tot 16:00.

Wes-Boland Proewe

In die eerste kwartaal vind daar ook gereeld krieketproewe plaas waar spelers vir die Wes-Boland krieketspan gekies kan word.

bottom of page