Achievements on the Tennis court
- Hoërskool Vredenburg

- Jan 30
- 1 min read
Blink Prestasies op die Tennisbaan🎾
Baie geluk aan Alexa Hahne, ’n leerling van Hoërskool Vredenburg, wat die afgelope naweek as die Dames Enkelspel-kampioen by die Vredenburg Tennisklub gekroon is. Haar oorwinning in die Club Championship is ’n direkte resultaat van haar onwrikbare toewyding, harde werk en die vele ure van oefen op die baan.
Die skool en gemeenskap is ook geweldig trots op Glenn Fitchet, ’n oud-leerling van Hoërskool Vredenburg, wat die mansafdeling gewen het.
Dit is hartverblydend om te sien hoe sowel huidige as oud-leerders die dorp se naam hoog hou met hul passie en sportmanskap!














Comments