top of page

WENNERS OP ALLE TERREINE

HOOF 1_edited_edited.jpg

Strewe na akademiese voortreflikheid,  skooltrots, kreatiewe denke en afgerondheid.

Logo%20Only_edited.png

SASPAC Global   

​

Ons het met ‘n nuwe administrasie program, SASPAC, verlede jaar begin. Die program verskaf inligting aan u om u leerder se vordering te monitor deur die jaar:  afwesighede, punte, oortredings, kontak inligting en meer. 

Lees instruksies

SASPAC GLOBAL

BLY OP HOOGTE

AANKONDIGINGS

WESKUS FORD  VREDENBURG BORG O/19A EERSTE SPAN RUGBY!

TOP 3 KWARTAAL EEN

FORD.jpg

AANSOEKE  2025

WELKOM

Vredenburg Hoërskool 

By Vredenburg Hoërskool sal leerders graad 8 tot 12 vind as van die gelukkigste jare van hul lewens. Ons is dankbaar dat VHS oor uitstekende onderwys-, kultuur- en sportgeriewe beskik. Ons streef daarna om die leerder in sy TOTALITEIT op te voed en dit word duidelik in ons missie verklaar. 

Vir u as ouer is daar baie geleenthede om ook by die skool betrokke te raak, deur byvoorbeeld op die Beheerliggaam, OOV of Ondersteunersklub te dien, of deur bloot sport- en kultuurbedrywighede te ondersteun. U is 'n onontbeerlike vennoot in die opvoeding van u kind tot afgeronde jong volwassene, gereed om die uitdagings van 'n dinamiese samelewing die hoof te bied op 'n innoverende, kreatiewe wyse. VHS is 'n sterk akademiesgerigte skool. Oor jare handhaaf die skool se graad 8 tot 12 leerders skitterende akademiese uitslae. Ook op buitemuurse gebied lewer VHS uitstekende prestasies. Ons glo dat as VHS en elke leerder se ouers/voogde hande vat en mekaar wedersyds ondersteun, ons saam 'n groot sukses van sy/haar vormingsjare sal maak.

skool embleem.jpg
Anchor 1
bottom of page