Eskom Expo For Young Scientists

Die jaarlikse Eskom Expo byeenkoms vir jong wetenskaplikes is hierdie jaar vir die eerste keer by die nuwe Multipurpose Centre in Saldanha gehou. Sewe van ons leerders het aan die Weskus-streek kompetisie deelgeneem en hul uitstekend van hul taak gekwyt. Die volgende leerders is aangewys om die Weskus-streek te verteenwoordig by die internasionale kompetisie tydens die September vakansie te Boksburg: Hannah du Toit en Sinalo Ndeleni (Graad 10) – Ontvang ‘n silver toekenning by die nasionale byeenkoms vir hul projek Future Backwash.

Shana van Wyk (Graad 11) – Ontvang ‘n brons toekenning by die nasionale byeenkoms vir haar projek "Alert, Alert Safety First!"

Dit is ‘n groot prestasie vir ons skool dat drie leerders gekies is om na die volgende rondte deur te dring.

Nickilese van der Walt (Graad 11) het aan die Nasionale Wetenskap kompetisie deelgeneem wat deur iMBEWU aangebied word (‘n instansie wat jong wetenskaplikes wil bevorder). Sy het ‘n goue toekenning vir haar projek "To Infinity and Beyond: a theory to suggest that the universe is infinitely small", verower.

Shana van Wyk